JDD Hoofkantoor, Posbus 783, Randburg, 2125 | t. 2711 766 2335| f. 086 601 4316

Tuisblad Agtergrond Struktuur Aktiwiteite Dokumente Blog JDD Gallery Kontak Ons

 

DIE ORGANISASIE WAT VROUWEES KOESTER

 
     
 

WAT IS JDD?

 
 

 JDD, oftewel Jong Dames Dinamiek is ‘n toonaangewende vroue-organisasie wat met alle kulture netwerk en vroue bemagtig.

Die leuse van JDD is:  “Deugsaam en Dinamies”.  Deugsaam verwys na die deugsame vrou van Spreuke 31 en is die doel van die aktiwiteite van JDD.  Dinamies verwys na die dinamiese groei en ontwikkeling van die organisasie en haar lede.

 
 

DIE DOEL VAN JDD

 
  JDD streef daarna om ‘n positiewe verskil in die lewens van vroue te maak.  (sien Wat doen JDD en Projekte)  
     
 

DIE ONTSTAAN VAN JDD

 
 

Die organisasie is in 1977 gestig toe daar onder jong Afrikaanssprekende vroue die behoefte ontstaan het aan ‘n organisasie wat vroue bemagtig en ondersteun.

Die eerste tak is op 10 Augustus 1977 by RAU in Johannesburg gestig en op 30 September 1987 word JDD ‘n volwaardige lede-organisasie met hul eie hoofbestuur.  Verskeie nuwe takke word steeds landswyd gestig.

 
 

WAT KAN JDD VIR MY BIED?

 
 

JDD bied besondere geleenthede aan die moderne vrou:

· Intellektuele stimulasie en die geleentheid om nuwe opinies en visies te vorm

· Ontwikkeling van vriendskappe met ander vroue van haar portuur

· Die geleentheid om talente te ontwikkel

· Uitbreiding van algemene- en mensekennis

· Ontwikkeling van die vrou deur deelname en samewerking binne takverband

· Geleenthede in die bewaring van waardevolle kuns- en kultuurskatte

· Geleentheid om leierseienskappe te ontwikkel

· 'n Platform om in die gemeenskap betrokke te raak

 
 

WAT DOEN JDD

 
  JDD funksioneer op ‘n tak basis, waar daar maandeliks vergaderings gehou word.  JDD se doel met hierdie maandvergaderings is om kennis en vaardighede binne elke tak te ontwikkel en vroue te verreik.  JDD het doelgerigte projekte wat aangepak word ter ontwikkeling van die lede en die gemeenskap.  Interaksie en samewerking met ander organisasies op nasionale en plaaslike vlak word aangemoedig.  
     
 

JDD DAGBOEK

 
  Die JDD dagboek word sedert 1986 gepubliseer.  Dit is ‘n tweetalige bladsy-per-dag dagboek wat elke jaar pragtige kunswerke van ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar bevat.  Dagboeke is jaarliks vanaf September by JDD hoofkantoor, Hoofbestuurslede, JDD takke en verskeie winkels beskikbaar.  (sien Dagboek)  
     
 

HOE WORD EK LID VAN JDD

 
  Vroue van 18 tot 40 jaar, wat die grondwet van JDD onderskryf is welkom om aan te sluit en die voordele van JDD as organisasie te geniet.  Die aansoekvorm kan afgelaai word (sien Lidmaatskapvorm onder dokumente) en voltooide vorms gefaks word na JDD Hoofkantoor.  Vir meer inligting kontak Marlene Greeff by JDD Hoofkantoor.  
     
 

VRIENDE VAN JDD

 
 

Vroue bo 40 jaar, kan steeds betrokke wees by JDD deur aan te sluit by Vriende van JDD.  Vriende van JDD het dieselfde lidmaatskap voordele as lede, maar besit nie stemreg nie en kan nie op JDD besture dien nie.  Die aansoekvorm kan afgelaai word (sien Lidmaatskapvorm VVJDD onder dokumente) en voltooide vorms gefaks word na JDD Hoofkantoor.  Vir meer inligting kontak Marlene Greeff by JDD Hoofkantoor.

 
 

DIE BESTUUR VAN JDD

 
 

Die Nasionale Vergadering wat saamgestel word uit afgevaardigdes van al die takke landwyd, is die hoogste gesagsliggaam van JDD.  Hierdie vergadering vind elke twee jaar plaas.  By hierdie geleentheid word die Hoofbestuur verkies.  Die bestuur gee leiding en inligting deur aan die takke landwyd en bestuur die organisasie.

JDD takke word in die verskillende streke georganiseer en elke streek verkies elke twee jaar hul streekverteenwoordiger tydens ‘n takbestuursopleiding. ‘n Streekverteenwoordiger tree raadgewend en koördinerend op en is die amptelike skakel tussen die hoofbestuur en die takke.

Elke tak verkies elke jaar hul eie takbestuur wat verantwoordelik is vir plaaslike sake, organisering van maandvergaderings en projekte.

 
 
 
   
 

Kopiereg Jong Dames Dinamiek 2007 Alle regte voorbehou.

 

Beste in Internet Explorer 800x600 - Comments/ Queries ascott