JDD Hoofkantoor, Posbus 783, Randburg, 2125 | t. 2711 766 2335| f. 086 601 4316

 

Nas Vergadering

 
  Dagboek ] [ Nas Vergadering ] Projekte ]  
Tuisblad
Agtergrond
Struktuur
Aktiwiteite
Dokumente
Blog
JDD Gallery
Kontak Ons

 

 

 

 

 

 

NASIONALE VERGADERING 2007

 

Tydens die naweek van 26 tot 28 Januarie 2007 het 158 lede van JDD die twee-jaarlikse Nasionale Vergadering te Protea Hotel Saldanha bygewoon.

Die program word geopen met ‘n lied, spesiaal vir JDD geskryf deur Phillip Kotze en uitgevoer deur Ons Eie Tenore (Trio) wat as gaskunstenaars vir die naweek optree.

 

 

JDD LIED

 

O EK GLO IN ‘N TOEKOMS VOL VREDE

(Op die wysie van “Come what may, we believe in tomorrow)

 

O ek glo in ‘n toekoms vol vrede

Sonder misdaad en moord, so sonder rede

Ja, ek glo dat ons als kan verander

Deur die hart van ‘n vrou wat van tere liefde getuig.

 

Net ‘n vrou het die begrip en die liefde

Om te weet hoe om alles daardeur te verander

 

Laat jou lig helder skyn, vrou van vrede

Sodat liefde regeer en ons weer die Here vereer

 

Kom ons sing almal saam                                                vlnr:   du Preez Stoltz,

Kom ons besing Jesus se naam                                        Phillip Kotze en Chris

Daar is krag – wonderkrag net in Jesus                             Coetzer  (Ons Eie Tenore)

Laat Sy woord jou nou vul

Laat ons nou leef volgens Sy wil

Daar is krag – wonderkrag, net in Hom

Selfs al voel ons soms bang en verlore

Kan ons weet, vrede en voorspoed is ons beskore

 

Laat jou lig helder skyn vrou van vrede

Sodat liefde regeer en ons weer die Here vereer

 

Wees getrou, wees getrou

Wees volwaardig vrou

Volwaardig vrou  -  Wees getrou!!!

 

Sprekers:

Wynand Hendrikse 

Hy is ‘n diamantduiker met sy eie konsessie aan die Weskus en Diamantslypery op Stellenbosch

 

Piet van Zyl 

Streeksbemarkingsbestuurder van Old Mutual wat bietjie kom raad gee het oor finansiële beplanning vir vroue

 

 

 

 

 

 

 

James de Villiers 

Sielkundige/Hipnoterapeut wat met ‘n praktiese demonstrasie die dames kon wys hoe eenvoudige selfhipnose jou kan help om gedragspatrone te verander en jou innerlik sterk te maak.  Dr de Villiers is ook raadgewende sielkundige vir Sarie en gereelde rubrieke van hom kan daarin gelees word.

 

 

 

 

 

 

Hein Wagner

'n Blinde man met meer visie as baie van ons.  Hein vertel met soveel humor van sy eie ervarings as blinde persoon en die uitdagings wat hy aanpak – hetsy valskermspring, seiljagvaart, landspoedrekords opstel of om ‘n reuse passasiers vliegtuig self te loods.

 

 

 

 

 

 

Drum Café

‘n Interaktiewe tromsessie saam met die energieke lede van Drum Café het die adrenalien omtrent laat pomp.

 

 

 

Nog foto’s van die 2007 Nasionale Vergadering kan gesien word op die JDD Gallery  - Kliek hier

 

 

Volgende Nasionale Vergadering  -  Januarie 2009

 
 
 
 
 
 
 
 
 
         

Kopiereg Jong Dames Dinamiek 2007 Alle regte voorbehou.

 

Beste in Internet Explorer 800x600 - Comments/ Queries ascott