JDD Hoofkantoor, Posbus 783, Randburg, 2125 | t. 2711 766 2335| f. 086 601 4316

 

Projekte

 
  Dagboek ] Nas Vergadering ] [ Projekte ]  
Tuisblad
Agtergrond
Struktuur
Aktiwiteite
Dokumente
Blog
JDD Gallery
Kontak Ons

 

As jong dinamiese vroue kan ons nie onverskillig staan teenoor die probleme van ander nie. Veral waar die lot van vroue en kinders ons aangryp wil JDD inspring, bande bou, nood verlig en nie deel wees van die leunstoelkritisie nie.

Hierdeur het JDD oor die afgelope jare reeds ‘n merkbare verskil in die breër gemeenskap van Suid Afrika gemaak.

Van die suksesvolle Nasionale projekte wat al in die verlede aangepak is en steeds onderhou word is:

 
   

Slagofferprojek

 
   

Met hierdie projek word spesiale kamers by polisiestasies landswyd ingerig waar die slagoffers van geweld teen vroue en kinders verklarings kan aflê in privaatheid en die gerief van ‘n aangenaam ingerigte lokaal. Sagte speelgoed vir die kinders en toiletware vir die vroue word voorsien.

 
   

Huiswerkersprojek

 
   

Regoor die land bied takke huiswerkersoggende aan, waartydens huiswerkers oor verskillende onderwerpe inligting, kennis en vaardighede by leer en op ‘n spesiale manier trakteer word.

 
   

WASH

 
   

In hierdie projek word duisende lewens geraak. Wash (Water, Sanitasie en Higiëne) is ‘n bewusmakingsprojek wat die probleem van diarree en gepaardgaande kindersterftes aanspreek. Takke besoek skole, fabrieke en selfs korporatiewe ondernemings om hierdie belangrike boodskap oor te dra.

 
   

Vroue en kinders in tronke

 
   

JDD is ook tans betrokke met vroue en kinders in gevangenisse. Takke voorsien gevangenes van basiese benodighede.

Ons is ook intens bekommerd oor die lot van die kinders wat saam met moeders in aanhouding is. JDD organiseer, waar moontlik geleentheid vir hierdie kinders om kleuterskole by te woon, of voorsien andersins in die behoeftes by die gevangenis.

 
   

Ander

 
   
Verder pak takke binne hul eie dorpe/stede ook jaarliks projekte aan wat vir hulle belangrik is. Fondse word ingesamel vir ouetehuise, kinderhuise, skole en individue wat nood ervaar.
 
 
   
Dit mag dalk selfs op klein skaal wees, maar oral waar Jong Dames Dinamiek betrokke raak, verbeter ons die lewe van ‘n vrou en bring ‘n glimlag en klein bietjie plesier!!!
 
 
         

Kopiereg Jong Dames Dinamiek 2007 Alle regte voorbehou.

 

Beste in Internet Explorer 800x600 - Comments/ Queries ascott